


Centurion
Gemeenskapsfees
– waar die hele gemeenskap saam feesvier!
27
September
2025| 05:00 – 22:00
Voortrekkermonument

Ons is feesgereed!
Maak gereed vir hope pret, opwinding en saamkuier soos net Centurion dit kan doen! Die Centurion Gemeenskapsfees bring mense bymekaar met iets vir elke ouderdom – kuier van vroeë oggend tot laataand.







Sluit by ons aan terwyl ons die volle potensiaal van die Voortrekkermonument ontsluit en dit ’n dinamiese sentrum maak vir indrukwekkende buitelugervaringe. Die trotse organiseerders van die Centurion Gemeenskapsfees het hierdie projek die lig laat sien, wat net weer eens bewys wat ons kan doen as ons saamstaan as ’n gemeenskap.
Hierdie projek behels die voorbereiding en optimalisering van die perseel sodat dit nie net geskik is vir enige feeste, optredes en geleenthede nie, maar ook ’n warm en verwelkomende atmosfeer bied vir alle besoekers. Met hierdie inisiatief wil ons die Voortrekkermonument posisioneer as ’n dinamiese ruimte waar ons erfenis met trots gevier kan word – of dit nou tydens nasionale feeste, kultuurbyeenkomste of gemeenskapsvieringe is.
Saam bou ons nie net aan ’n geskiedkundige ruimte nie, maar ook aan ’n lewendige toekoms vol saamwees, tradisie en trots.
Ons doel is om die Voortrekkermonument in ’n top-buitelugbestemming te omskep. Die projek is daarop gemik om die infrastruktuur op die perseel van die Voortrekkermonument te verbeter, sodat dit ’n veelsydige en toeganklike ruimte word, perfek vir groot buitelugvertonings, konserte en kulturele feeste. Verbeterde fasiliteite, veiligheidsmaatreëls en moderne geriewe sal ons in staat stel om onvergeetlike geleenthede te hou wat kultuur, vermaak en die gemeenskap vier. Word saam met ons deel van hierdie geskiedkundige projek terwyl ons die volle potensiaal van die Voortrekkermonument ontsluit en dit ’n lewendige sentrum maak waar mense uitsonderlike buitelugervaringe kan beleef en geniet wat hulle nog lank sal onthou!
- 05:00 – Boeremark
- 07:00 – Pretloop en bergfiets
- 10:00 tot 18:00 – Kindervermaak
- 11:00 tot 16:55 – Skooltalent
- 12:00 – Kunstenaars
MC: Hammie Wessels
Kunstenaars: Droomsindroom. Bobby van Jaarsveld.Bitterlekker. Leah. Marno van der Merwe. Rooksein. Kurt Darren.
AfriFees (Ghapi en Leandri Martin) en BitterLekkerMusas (Muller Brand, Stefan Jansen, Wilmarie Senekal, Elme Churr, Renaldo)
Ons borge maak graag ’n verskil in die gemeenskap.
Dankie aan al ons borge wat ons hande in die gemeenskap sterk maak:
- Bitter Lekker
- Voortrekkermonument
- Ontbytsake
- PretoriaFM
- AfriForum
- Centurion Gemeenskapsforum
- Wanatu






Roetes
Pretloop
- 5 km – R50
10km – R140
21km – R160
Teer tot Taktiek
Kom stap of draf saam in ’n ontspanne, gesinsvriendelike pretloop! Net voor jy dink dit raak te lank, is daar ’n paar waterpunte om die pad makliker (en lekkerder) te maak! Trek jou tekkies aan en bring sommer die hele gesin saam vir vars lug en goeie gees.
NOTA: Die roete is teer en grondpad. Neem asb kennis dat die 10KM en 21 KM nie geskik is vir rolstoele en waentjies nie.
*Tydhouers is op die dag beskikbaar.
Registreer hier vir jou hardloopnommer.
Verskeie Centurion-skole bring hul beste stemme na die verhoog met energieke en hartroerende kooroptredes. Kom ondersteun ons kinders en geniet musiek wat die gees van ons gemeenskap vier — van klassieke klanke tot kontemporêre treffers. Dis talent, trots en pret op sy beste!
Die volgende skool kore is op die verhoog te sien:
- Laerskool Wierdapark
- Hoërskool Eldoraigne
- Laerskool Rooihuiskraal
- Laerskool Hennopspark
- Laerskool Swartkop
- Hoërskool Zwartkop
- Laerskool Bakenkop
- Hoërskool Centurion
- Laerskool Louis Leipoldt
Maklik. Gerieflik. Kommervry.
Parkeer jou motor op ’n veilig plek en geniet ’n gratis rit tot by die feesarea!
Ons parkeer-en-ry-diens is ontwerp vir jou gemak – klim op, ontspan en begin jou dag sonder om met moeite na parkeerplek te soek. Daar is gratis parkering op die aangewese terrein.
’n Pendeldiens is deurentyd na en van die fees beskikbaar.
Skole waar jy kan parkeer en ry:
Ons is trots om aan te kondig dat die volgende skole deel is van die Gemeenskapsfees:
- Laerskool Wierdapar
- Hoërskool Eldoraigne
- Laerskool Rooihuiskraal
- Laerskool Hennopspark
- Laerskool Swartkop
- Hoërskool Zwartkop
- Laerskool Bakenkop
- Hoërskool Centurion
- Laerskool Louis Leipoldt
Uitstallers aansoeke is binnekort beskikbaar.
