
Sol-Tech is ‘n private beroepsopleidingskollege wat jongmense uitstekend vir hul toekoms voorberei.

Akademia is ʼn hoëronderwysinstelling uit die Afrikaanse gemeenskap vir die Afrikaanse gemeenskap. Akademia streef daarna om beide hoogstaande opleiding sowel as diepgaande opvoeding te bied.

S-leer vorm deel van Solidariteit se kernbesigheid, naamlik arbeidsverhoudinge, vaardigheidsontwikkeling en die netwerk van werk. Ons is ʼn opleidingsinstelling wat voortgesette professionele ontwikkeling vir professionele persone aanbied. S-leer dien as primêre diensverskaffer vir die Solidariteit-beroepsgildes en bied hul lede die geleentheid om hul vermoëns en vaardighede tot so mate te ontwikkel dat hulle ʼn goeie werk kan kry en behou en sodoende vry, veilig en voorspoedig kan lewe.

Die Wolkskool is ’n wêreldklas aanlyn leerplatform met meer as 16 000 videolesse, werkkaarte en assesserings in 8 laerskool- en 16 hoërskoolvakke – in Afrikaans. Die Wolkskool maak van die nuutste tegnologie gebruik en is die ideale aanvulling om sukses in die skool te verseker!
