AfriForum-buurtwag in Centurion

Die waarde van buurtwagte is al oor en oor bewys, veral wanneer hulle saam met ander veiligheidstrukture soos gemeenskapspolisiëringsforums en die SAPD werk. Alle buurtwaglede word deeglik opgelei om hulle van hul regte en verantwoordelikhede in te lig, terwyl hulle ook opleiding in selfbeskerming en radiogebruik ontvang.

Wierdabrug GPF-sektor 2 Jeug

Hulp met misdaad- en mediesverwante noodgevalle in Rooihuiskraal en The Reeds. Ons kan ongelukkig nie munisipale en troeteldiernavrae hanteer nie.

Forum Sekuriteit 

Forum Sekuriteit is in die lewe geroep om toonaangewende, dinamiese en doeltreffende privaat sekuriteitsdienste in Suid-Afrika te voorsien en op dié wyse veiligheid in gemeenskappe te verhoog.