Skole vang gees in aanloop tot Centurion Gemeenskapsfees
Nagenoeg 3 500 leerders van Hoërskool Centurion en Hoërskool Zwartkop het begin om hul vere reg te skud vir die Centurion Gemeenskapsforum se eerste gemeenskapsfees wat in September plaasvind. Die Centurion Gemeenskapsforum spruit voort uit plaaslike instellings wat beywer om wedersydse ondersteuning te bewerkstellig, gemeenskapsbetrokkenheid te bevorder en gesamentlike oorhoofse beplanning te doen om ’n sterk,…