Centurion-gesinne kan nou na nuwe oorlewingsgids draai vir hulp
In ’n tyd waar gesinne toenemend onder druk verkeer, het die Centurion Gemeenskapsforum vandag by Industrial Works in Centurion ’n praktiese oorlewingsgids vir gesonde gesinne bekend gestel – ’n gratis hulpbron wat deur die gemeenskap vir die gemeenskap saamgestel is met die oog op Kinderbeskermingsmaand. Die gids is ontwikkel om ouers, voogde, kinders en onderwysers…
