Centurion se 2025-matrieks slaag met uitnemendheid
’n Totaal van 752 kandidate aan Afrikaanse hoërskole in Centurion het tydens die 2025-matriekeksamen altesaam 1 338 onderskeidings ingepalm. Dit is ’n prestasie wat Centurion stewig op die nasionale onderwyskaart plaas. Boonop is Hoërskool Zwartkop landwyd in die 14de plek, wat onderskeidings in Afrikaanse skole betref. Hierdie merkwaardige prestasie is die resultaat van volgehoue akademiese…
